Openbaring 3:20
"Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur
oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met
My."
Hoe om te weet dat Christus in jou
lewe is
Noudat jy Christus aangeneem het
Hebreërs 13:5
"Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het.
God self het gesê: Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die
steek laat nie."
terug
Johannes 14:21
"Wie my opdragte het en dit uitvoer - dit is hy wat My liefhet. En wie My
liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom
openbaar."
Moenie op gevoelens
staatmaak nie
Voorstelle
vir Christelike groei
Hoe om te weet dat jy gevul is met die
Heilige Gees
Kolossense 1:27
"God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie
geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in
julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid."
terug
Kolossense 1:14
"Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes."
terug
Johannes 1:12
"Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee
om kinders van God te word."
Noudat jy Christus aangeneem het
Geesvervulde lewe
Johannes 5:24
"Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My
gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het
reeds uit die dood na die lewe oorgegaan."
terug
Johannes 10:10
(Jesus sê)"...Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed."
terug
2 Korintiërs 5:17
"Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die
nuwe het gekom."
terug
1 Tessalonisense 5:18
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van
julle verwag."
terug
Johannes 15:7
"As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en
julle sal dit kry."
terug
Handelinge 17:11
"Die mense daar was ontvankliker as dié in Tessalonika. Hulle het met
groot belangstelling na die woord geluister en elke dag die Skrif ondersoek om te
sien of dit is soos Paulus sê."
terug
Matteus 4:19
"Hy sê toe vir hulle: Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle
vissers van mense maak."
terug
Johannes 15:8
"My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra en my
dissipels is."
terug
1 Petrus 5:7
"Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle."
terug
Galasiërs 5:16-17
"Wat ek bedoel, is dít: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God
beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur
nie. Wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil, en
wat die Gees wil, is in stryd met wat ons sondige natuur begeer. Hierdie
twee staan lynreg teenoor mekaar, en daarom kan julle nie doen wat julle graag
wil nie."
terug
Handelinge 1:8
"Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle
sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot
in die uithoeke van die wêreld."
Voorstelle vir
Christelike groei
Die Vleeslike mens
Romeine 5:8-10
"...en die hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur
die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. Toe ons nog magteloos was, het
Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe. 'n Mens
gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir 'n regverdige nie. Ja
tog, vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe.
Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het
toe ons nog sonddaars was."
terug
Hebreërs 10:1-25
"Die wet van Moses is slegs 'n skadubeeld van die weldade wat sou kom, nie 'n
werklike beeld daarvan nie. Voortdurend, jaar na jaar, word dieselfde
offers gebring, en tog kan die wet dié wat die offers bring, nooit volkome van
sonde vry maak nie. As dié wat offers bring, eens en vir altyd gereinig en
nie meer van sondes bewus was nie, sou hulle immers opgehou het om offers te
bring. Maar nou herinner die offers juis jaar na jaar aan die sondes,
omdat die bloed van bulle en bokke onmoontlik die sondes kan wegneem.
Daarom sê Christus met sy koms in die wêreld: Dit is nie diereoffer en
graanoffer wat U wou hê nie, maar die liggaam wat U My gegee het.
Brandoffers en sondeoffers het U nie behaag nie! Toe het Ek gesê:
Kyk, Ek het gekom, o God om u wil te doen. In die boekrol is dit van My
geskrywe. Eers sê Hy: Diereoffers en graanoffers, brandoffers en
sondeoffers wou U nie hê nie en het U nie behaag nie, hoewel hierdie offers deur
die wet voorgeskryf word. Daarna sê Hy: Kyk, Ek het gekom om u wil
te doen. Hy skaf dus die eerste offers af om 'n ander offer in die plek
daarvan te stel. Omdat God dit so wou, is ons vir Hom afgesonder
deurdat
Jesus Christus sy liggaam as offer gebring het, eens en vir altyd. Verder,
elke priester staan dag vir dag sy diens en verrig, en bring elke keer weer
dieselfde offers, wat tog nooit die sondes kan wegneem nie. Maar Jesus
Christus het één offer vir die sondes gebring en vir altyd aan die regerhand van
God gaan sit. Nou wag Hy daar totdat sy vyande aan Hom onderwerp is.
Deur die één offer het Hy dié wat vir God afgesonder word, vir altyd volkome van
sonde vry gemaak. Ook die Heilige Gees betuig dit aan ons. Eers sê
Hy: Dit is die verbond wat Ek met hulle na daardie dae sal sluit, sê die
Here. Ek sal hulle my wette in die hart gee, in hulle verstand sal Ek dit
skrywe. Dan sê Hy verder: Aan hulle sondes en hulle oortredings sal
Ek nooit meer dink nie. Waar die sondes vergewe is, is geen offer daarvoor
meer nodig nie. Broers, ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye
toegang tot die heiligdom, en dit op 'n weg wat nuut is en na die lewe lei.
Hierdie weg het Hy vir ons gebaan deur die voorhangsel heen, dit is deur sy
liggaam. En terwyl ons Hom ook as groot priester oor die huis van God het,
laat ons tot God nader met 'n opregte hart en met volle geloofsekerheied.
Ons harte is immers gereinig van 'n skuldige gewete, en ons liggame is gewas met
skoon water. Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is
getrou: Hy doen wat Hy beloof het. Laat ons ook na mekaar omsien
deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Ons moenie van die
samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar
eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die
oordeelsdag sien naderkom."
Die Vleeslike mens
Geestelike asemhaling
1 Johannes 1
"Van die begin af was Hy daar. Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met
ons eie oë gesien; ja, ons het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak.
Hy is die Woord, die Lewe. Die Lewe het gekom; ons het Hom gesien en is
getuie daarvan, en ons verkondig aan julle die Ewige Lewe wat by die Vader was
en aan ons geopenbaar is. Hom wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons
aan júlle, sodat julle aan ons gemeenskap deel kan hê. En die gemeenskap
waaraan ons deel het, is dié met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus.
Dit skryf ons sodat ons blydsap volkome kan wees. Dit is nou die boodskap
wat ons by Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en daar is
geen duisternis in Hom nie. As ons beweer dat ons aan Hom deel het, en ons
lewe in die duisternis, lieg ons en handel ons nie volgens die waarheid nie.
Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan
dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde.
As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid
nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely - Hy is getrou en regverdig,
Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. As ons
beweer dat ons nie gesondig het nie, maak ons Hom tot leuenaar en is sy woord
nie in ons nie."
terug
1 Johannes 2:1-3
Dit skrywe ek aan julle, my liewe kinders, dat julle nie moet sondig nie.
En as een van ons sondig - ons het Jesus Christus, die regverdige, as ons
voorspraak by die Vader. Hy is die versoening vir ons sondes; en nie net
vir óns sondes nie, maar ook vir dié van die hele wêreld. As ons die
gebooie van God gehoorsaam, weet ons daaraan dat ons Hom ken."
terug
2 Petrus 1:9
"Iemand wat hierdie dinge nie sy eie gemaak het nie, is kortsigtig; nog erger,
hy is blind en het vergeet dat hy van sy vroeëre sondes gereinig is."
terug
1 Korintiërs 3:1-3
"Broers, ek kon met julle nie praat soos met mense wat hulle deur die Gees van
God laat lei nie; ek moes praat soos met wêreldse mense, soos met kindertjies in
die geloof in Christus. Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste kos
nie, want julle kon dit nog nie verteer nie. En julle kan dit ook nou nog
nie verteer nie, want julle is nog wêreldse mense. Daar kom jaloesie en
twis onder julle voor. Is dit nie omdat julle nog wêrelds is en julle
wêrelds gedra nie?"
terug
Romeine 7:15-24
"Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar
wat ek haat, juis dit doen ek. Dat ek nie wil doen wat ek doen nie,
beteken dat ek toegee dat die wet goed is. Maar nou is dit nie meer ek wat
dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. Ek weet immers dat die goeie
nie in my woon nie, nie in my sondige aard nie. Daar is by my wel die wil
om die goeie te doen, maar ek doen dit nie. Die goeie wat ek wil doen doen
ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek. En as ek nou
doen wat ek nie wil doen nie, dan is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die
sondige wat in my woon. So vind ek dan hierdie wet in my: ek wil die
goeie doen, maar al wat ek doen, is die slegte. Diep in my wese vind ek
vreugde in die wet van God, maar ek vind in my doen en late 'n ander wet, wat
stryd voer teen die wet van my gees. Dit maak my 'n gevangene van die wet
van die sonde wat in my doen en late aan die werk is. Ek, ellendige mens!
Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos?"
terug
Galasiërs 5:16-18
"Wat ek bedoel, is dít: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God
beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur
nie. Wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil, en
wat die Gees wil, is in stryd met wat ons sondige natuur begeer. Hierdie
twee staan lynreg teenoor mekaar, en daarom kan julle nie doen wat julle graag
wil nie. Maar as julle julle deur die Gees laat lei, staan julle nie
meer onder die wet nie"
Die Vleeslike mens
Om in die Gees te wandel
1 Johannes 2:3
"As ons die gebooie van God gehoorsaam, weet ons daaraan dat ons Hom ken."
terug
1 Johannes 3:6
"Iemand wat in Hom bly, hou nie aan met sondig nie; iemand wat aanhou sondig,
het Hom nie gesien nie en ken Hom nie."
terug
1 Johannes 3:9
"Iemand wat 'n kind van God is, doen nie meer sonde nie, omdat die Gees van God
in hom bly; en hy kan nie meer sondig nie, omdat hy 'n kind van God is."
terug
Efesiërs 5:5
"Dit moet julle goed besef: iemand wat ontug pleeg, onsedelik lewe of 'n
gierigaard is - want gierigheid is afgodery - het nie deel aan die koninkryk van
Christus en van God nie."
terug
Johannes 15
"Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. Elke loot aan My wat
nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat
dit nog meer vrugte kan dra. Julle is alreeds reg gesnoei deur die woorde
wat Ek vir julle gesê het. Julle moet in My bly en Ek in julle.
'n Loot kan
nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook
nie as julle nie in My bly nie. Ek is die wingerdstok, julle die lote.
Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen
nie. As iemand nie in My bly nie, word hy weggegooi soos 'n loot en hy
verdroog. Die mense maak sulke lote bymekaar en gooi dit in die vuur, en
dit verbrand. As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat
julle wil hê, en julle sal dit kry. My Vader word juis daardeur verheerlik
dat julle baie vrugte dra en my dissipels is. Soos die Vader My liefhet,
het Ek julle lief. Julle moet in my liefde bly. As julle my opdragte
uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader
uitvoer en in sy liefde bly. Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in
julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees. Dit is my opdrag:
Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. Niemand het groter liefde
as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. Julle is my vriende
as julle doen wat Ek julle beveel. Ek noem julle nie meer ondergeskiktes
nie, want 'n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem
julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend
gemaak het. Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en
julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So
sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra. Dit beveel Ek
julle: Julle moet mekaar liefhê! As die wêreld julle haat, onthou:
Hy het My voor julle gehaat. As julle aan die wêreld behoort het, sou die
wêreld julle sa sy eiendom liefgehad het. Omdat julle egter nie aan die
wêreld behoort nie, maar Ek julle uit die wêreld uitgekies het, daarom haat die
wêreld julle. Onthou wat Ek vir julle gesê het: 'n Slaaf is nie
belangriker as sy eienaar nie. As hulle My vervolg het, sal hulle julle
ook vervolg. As hulle my woorde ter harte geneem het, sal hulle julle s'n
ook ter harte neem. Maar hulle sal dit alles aan julle doen omdat julle my
Naam bely en hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie. As Ek nie gekom en
met hulle gepraat het nie, sou hulle nie skuldig gewees het nie; maar nou het
hulle geen verskoning vir hulle sonde nie. Wie My haat, haat ook my Vader.
As Ek nie by hulle die werke gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou
hulle nie skuldig gewees het nie; maar nou sien hulle dit, en tog haat hulle My
en my Vader. Maar die woorde wat in die Skrif geskrywe staan, moet vervul
word; Hulle het My sonder rede gehaat. Wanneer die Voorspraak kom
wat Ek vir julle van die Vader af sal stuur, die Gees van die waarheid, wat van
die Vader uitgaan, sal Hy oor My getuig. En julle moet getuig, want julle
is van die begin af by My."
terug
Johannes 3:1-8
"Daar was 'n man met die naam Nikodemus. Hy het aan die party van die
Fariseërs behoort en was 'n lid van die Joodse Raad. Een nag het hy na
Jesus toe gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat u 'n leermeester is
wat van God af gekom het, want niemand kan hierdie wondertekens doen wat u doen,
as God nie by hom is nie. Daarop sê Jesus vir hom: Dit verseker Ek
jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God
nie sien nie. Nikodemus vra Hom toe: Hoe kan 'n mens gebore word as
hy al 'n ou man is? Hy kan tog nie 'n tweede keer in sy moeder se skoot
kom en gebore word nie? Jesus het geantwoord: Dit verseker Ek jou:
As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van
God kom nie. Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees
gebore is, is gees. Moenie verbaas wees dat Ek vir jou gesê het:
Julle moet opnuut gebore word nie. Die wind waai waar hy wil. Jy
hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie.
So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is."
Geesvervulde lewe
Om Wedergeboorte te ervaar
Kolossense 2:9
"In Hom is die volle wese van God beliggaam."
terug
Kolossense 2:10
"...en in verbondenheid met Hom deel julle in sy volheid. Hy is die hoof
oor al die bose magte."
terug
Johannes 14:16-17
"Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig
by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom
nie ontvang nie omdat hulle Hom nie sien en Hom nie en ken nie. Maar julle
ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees."
terug
Johannes 7:37-39
"Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en
uitgeroep: As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met
die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal
uit sy binneste vloei. Hiermee het Hy na die Gees verwys, want die mense
wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang. Die Gees was nog nie
uitgestort nie, omdat Jesus toe nog nie verheerlik was nie."
Geesvervulde lewe
Gevul deur die die Heilige Gees
Johannes 16:1-15
"Hierdie dinge sê Ek vir julle sodat julle nie afvallig word nie. Die
mense sal julle uit die sinagoges ban. Daar kom selfs 'n tyd dat elkeen
wat een van julle doodmaak, sal dink dat hy 'n diens aan God bewys. En dit
sal hulle doen, omdat hulle die Vader nie ken nie en My ook nie. Maar Ek
sê dit nou vir julle, sodat wanneer die tyd daarvoor aanbreek, julle daaraan
moet dink dat Ek dit vir julle gesê het. Ek het dit egter nie van die
begin af vir julle gesê nie, omdat Ek nog by julle was. Nou gaan Ek na Hom toe
wat My gestuur het, en tog vra niemand van julle vir My: Waar gaan U heen?
nie. Maar omdat Ek dit vir julle sê, is julle harte vol droefheid.
Tog sê Ek vir julle die waarheid: Dit is tot julle voordeel dat Ek weggaan,
want as Ek nie weggaan nie, sal die Voorspraak, die Heilige Gees, nie na julle
toe kom nie; maar as Ek gaan, sal Ek Hom na julle toe stuur. En wanneer Hy
kom, sal Hy bewys dat die wêreld skuldig is aan sonde, en dat die reg aan my
kant is, en dat die oordeel al gekom het. Die wêreld is skuldig aan sonde,
want die wêreld glo nie in My nie; die reg is aan my kant, want Ek gaan na die
Vader toe, en julle sal My nie meer sien nie; die oordeel het al gekom, want die
owerste van hierdie wêreld, die Satan, is klaar veroordeel. Ek het nog baie
dinge om vir julle te sê, maar julle sal dit nie nou kan begryp nie.
Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid
lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat
Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig. Hy sal
My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig.
Alles wat aan die Vader behoort behoort ook aan My; daarom dat Ek gesê het:
Wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig."
terug
Handelinge 1:1-9
"My eerste boek, Teofilus, het ek geskrywe oor alles wat Jesus gedoen en geleer
het, van die begin af tot op die dag van sy hemelvaart. Voordat Hy in die
hemel opgeneem is, het Hy deur die Heilige Gees bevele gegee aan die manne wat
Hy as apostels uitgekies het. Ná sy dood het Hy aan hulle met baie
onbetwisbare bewyse ook getoon dat Hy lewe. In die loop van veertig dae
het Hy by verskeie geleenthede aan hulle verskyn en met hulle oor die dinge van
die koninkryk van God gepraat. Terwyl Hy 'n keer saam met hulle aan tafel
was, het Hy hulle beveel: Moenie van Jerusalem af weggaan nie, maar bly
wag op die gawe wat die Vader belowe het, soos julle van My gehoor het.
Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal binne 'n paar dae met die
Heilige Gees gedoop word. Toe hulle 'n keer weer bymekaar was, het hulle
vir Jesus gevra: Here, is dit nou die tyd dat U die koninkryk vir Israel
weer gaan oprig? Hy het hulle geantwoord: Dit is nie vir julle om
die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie.
Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal
my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in
die uithoeke van die wêreld. Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem
terwyl hulle dit sien, en 'n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer
kon sien nie."
terug
Matteus 5:6
"Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word."
terug
Kolossense 2:13-15
"Julle was dood deurdat julle gesondig het en deurdat julle sondige natuur nog
nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Christus lewend gemaak
deurdat Hy ons al ons sondes vergewe het. Hy het die skuldbewys met sy
eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy
dit vir goed weggeneem. Hy het die bose magte ontwapen en hulle in die
openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te
voer."
terug
Hebreërs 10:1-17
"Die wet van Moses is slegs 'n skadubeeld van die weldade wat sou kom, nie 'n
werklike beeld daarvan nie. Voortdurend, jaar na jaar, word dieselfde
offers gebring, en tog kan die wet dié wat die offers bring, nooit volkome van
sonde vry maak nie. As dié wat offers bring, eens en vir altyd gereinig en
nie meer van sondes bewus was nie, sou hulle immers opgehou het om offers te
bring. Maar nou herinner die offers juis jaar na jaar aan die sondes,
omdat die bloed van bulle en bokke onmoontlik die sondes kan wegneem.
Daarom sê Christus met sy koms in die wêreld: Dit is nie diereoffer en
graanoffer wat U wou hê nie, maar die liggaam wat U My gegee het.
Brandoffers en sondeoffers het U nie behaag nie! Toe het Ek gesê:
Kyk, Ek het gekom, o God om u wil te doen. In die boekrol is dit van My
geskrywe. Eers sê Hy: Diereoffers en graanoffers, brandoffers en
sondeoffers wou U nie hê nie en het U nie behaag nie, hoewel hierdie offers deur
die wet voorgeskryf word. Daarna sê Hy: Kyk, Ek het gekom om u wil
te doen. Hy skaf dus die eerste offers af om 'n ander offer in die plek
daarvan te stel. Omdat God dit so wou, is ons vir Hom afgesonder
deurdat
Jesus Christus sy liggaam as offer gebring het, eens en vir altyd. Verder,
elke priester staan dag vir dag sy diens en verrig, en bring elke keer weer
dieselfde offers, wat tog nooit die sondes kan wegneem nie. Maar Jesus
Christus het één offer vir die sondes gebring en vir altyd aan die regterhand van
God gaan sit. Nou wag Hy daar totdat sy vyande aan Hom onderwerp is.
Deur die één offer het Hy dié wat vir God afgesonder word, vir altyd volkome van
sonde vrygemaak. Ook die Heilige Gees betuig dit aan ons. Eers sê
Hy: Dit is die verbond wat Ek met hulle na daardie dae sal sluit, sê die
Here. Ek sal hulle my wette in die hart gee, in hulle verstand sal Ek dit
skrywe. Dan sê Hy verder: Aan hulle sondes en hulle oortredings sal
Ek nooit meer dink nie."
terug
Romeine 12:1-2
"En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming
van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom
aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet
beoefen. Julle moet nie aan hierdie sondige wêreld gelykraak nie,
maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle
ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en
volmaak is."
terug
Hebreërs 11:6
"As mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot
God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon."
terug
Romeine 14:22-23
"Laat jou oortuiging hieroor 'n saak tussen jou en God wees. Gelukkig is
die man wat hom nie hoef te verwyt oor wat hy hom veroorloof nie. As
iemand egter twyfel en tog eet, is hy klaar veroordeel omdat hy dit nie uit
geloofsoortuiging doen nie. En enigiets wat 'n mens nie uit
geloofsoortuiging doen nie, is sonde."
terug
Galasiërs 5:22-23
"Die vrug van die Gees daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld,
vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.
Teen sulke dinge het die wet niks nie."
terug
Romeine 12:2
"Julle moet nie aan hierdie sondige wêreld gelykraak nie, maar laat God
julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan
onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is."
terug
2 Korintiërs 3:18
"Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons
gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van
Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds
toe. Dit doen die Here wat die Gees is."
terug
1 Johannes 2:15-17
"Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie. As
iemand die wêreld liefhet, is die Vader se liefde nie in hom nie. Die
wêreldse dinge - alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en
begeer, al sy gesteldheid op besit - kom nie van die Vader nie, maar uit
die wêreld. En die wêreld met sy verleidelike dinge gaan verby, maar wie
die wil van God doen, bly ewig lewe."
terug
1 Petrus 5:7-9
"Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle. Wees nugter,
wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, op
soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die geloof en staan hom
teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle
medegelowiges dieselfde soort lyding verduur."
terug
Efesiërs 6:10-13
"Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag.
Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan
bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. Ons stryd is nie teen
vlees en bloed nie, maar teen die bose magte van hierdie sondige wêreld, teen
die bose geeste in die lug. Trek daarom die wapenrusting aan wat God julle
gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die
stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan."
terug
1 Korintiërs 10:13
"Geen versoeking wat meer is as wat 'n mens kan weerstaan, het julle oorval nie.
God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word
nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan
weerstaan."
terug
Filippense 4:13
"Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee."
terug
Efesiërs 1:19-23
"...en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit
is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus
uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het:
hoog bo alle bose magte en enige ander vorm van gesag waarvan daar sprake mag
wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom.
Aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof
van
die kerk. Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal
vervul."
terug
2 Timoteus 1:7
"Die Gees wat God gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met
krag en liefde en selfbeheersing."
terug
Romeine 6:1-16
"Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade
kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog
daarin voortlewe? Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus
gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Deur die doop is ons immers saam met
Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die heerlike magsdaad van die
Vader uit die dood opgewek is, ons ook so 'n nuwe lewe kan lei. Aangesien
ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons sekerlik ook met Hom een wees in
sy opstanding. Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met
Christus gekruisig is sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is
dus nie langer slawe van die sonde nie. Iemand wat gesterf het, is immers
vry van die mag van die sonde. Ons het saam met Christus gesterwe; daarom
glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe. Ons weet dat Christus wat uit
die dood opgewek is, nie weer kan sterwe nie; die dood het nie meer mag oor Hom
nie. Hy het gesterwe en is eens en vir altyd vir die sonde dood. Nou
lewe Hy, en Hy lewe vir God. Julle moet dus altyd onthou dat ook júlle vir
die sonde dood is maar vir God lewe, omdat julle een is met Christus Jesus.
Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en julle
die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat gehoorsaam nie.
Julle moet geen deel van julle liggame in diens van die sonde stel as 'n
werktuig om goddeloosheid te bedrywe nie. Nee, stel julle in
diens van
God as mense wat dood was maar lewend gemaak is, en stel elke deel van julle
liggame indiens van God as werktuig om te doen wat God wil. Die sonde moet
nie meer baas wees oor julle nie, want julle staan nie onder die wet van Moses
nie, maar onder die genade. Wat beteken dit? Kan ons nou maar sonde
doen omdat ons nie onder die wet van Moses staan nie maar onder die genade?
Beslis nie. Julle weet tog: as julle julle aan iemand
onderwerp om hom as slawe te gehoorsaam, is julle die slawe van dié een
aan wie julle gehoorsaam is. As dit die sonde is, beteken dit vir
julle die dood; as dit gehoorsaamheid aan God is, beteken dit vryspraak en
lewe."
terug
1 Johannes 1:9
"Maar as ons ons sondes bely - Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons
sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid."
terug
Efesiërs 5:18
"Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard.
Nee, laat die Gees julle vervul..."
terug
1 Johannes 5:14-15
"En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as
ons enigiets volgens sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede
verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra."
terug
Lukas 18:31-33
"Jesus het die twaalf opsy geneem en vir hulle gesê: Kyk, ons gaan nou
Jerusalem toe, en alles wat die profete oor die Seun van die mens geskryf het,
sal daar bewaarheid word. Hy sal uitgelewer word aan die heidene; Hy sal
bespot en beledig word; hulle sal op Hom spoeg, Hom gesel en Hom daarna doodmaak.
En op die derde dag sal Hy uit die dood opstaan."
terug
1 Johannes 1:1
"Van die begin af was Hy daar. Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met
ons eie oë gesien; ja, ons het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak.
Hy is die Woord, die Lewe."
terug
Handelinge 2:14-36
"Toe staan Petrus saam met die elf ander apostels op en onder leiding van
Heilige Gees spreek hy die mense toe: Jode en julle almal wat in Jerusalem
woon, ek moet vir julle verduidelik wat gebeur het. Luister na wat ek gaan
sê: Hierdie mense is nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar
nege-uur in die môre. Nee, hier gebeur wat God deur die profeet Joël gesê
het: Só sal dit in die laaste dae wees, sê God: Ek sal my Gees
uitstort op alle mense: julle seuns en julle dogters sal as profete optree;
julle jongmense sal gesigte sien; julle oumense sal drome droom. Ja, op my
dienaars en my dienaresse sal Ek in daardie dae my Gees uitstort, en hulle sal
as profete optree. Ek sal tekens bo in die lug en wonders onder op die
aarde gee: bloed en vuur en rookwolke. Die son sal pikdonker word en
die maan bloedrooi voordat die groot en glorieryke dag van die Here kom.
So sal dit dan wees: elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered
word. Israeliete, luister na hierdie woorde! God het Jesus van
Nasaret aan julle bekend gestel deur die kragtige dade, die wonders en die
tekens wat God Hom by julle laat doen het. Daarvan weet julle self.
God het besluit en dit vooruit te bepaal om Hom aan julle uit te lewer, en julle
het Hom deur heidene aan die kruis laat spyker en Hom doodgemaak. Maar God
het Hom van die smarte van die dood laat opstaan. Dit was immers vir die
dood onmoontlik om Hom gevange te hou. Van Hom sê Dawid: Ek het die
Here altyd voor oë. Hy is aan my regterhand; ek sal nie wankel nie.
Daarom is my hart bly en my tong jubel, ja meer, ek het die verwagting dat my
liggaam sal lewe, want U sal my nie aan die doderyk oorlaat nie; U sal nie
toelaat dat u troue dienaar vergaan nie. U het my die paaie van die lewe
geleer; u teenwoordigheid sal my met vreugde vul. Broers, wat ons
voorvader Dawid betref, moet ek dit vir julle duidelik stel: Hy het
gesterwe en is begrawe, en sy graf is nou nog hier by ons. Maar hy was 'n
profeet en hy het geweet dat God met 'n eed aan hom belowe het dat een van sy
nakomelinge op sy troon sou sit. Daarom het hy die opstanding van die
Christus vooruit gesien en gesê: Hy is nie aan die doderyk oorgelaat nie,
en sy liggaam het nie vergaan nie. God het hierdie Jesus uit die dood laat
opstaan; daarvan is ons almal getuies. Hy is verhoog aan die regterhand van
God en Hy het die Heilige Gees wat belowe is, van die Vader ontvang en uitgestort.
Dit is wat julle nou sien en hoor. Dawid het nie na die hemel toe opgevaar
nie, en tog sê hy: Die Here het vir my Here gesê:
Sit aan my
regterhand totdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het. Die hele Israel
moet nou vas en seker weet: God het hierdie Jesus, wat julle gekruisig het,
Here en Christus gemaak!"
terug
Lukas 24:1-11
"Die Sondagmôre baie vroeg het die vroue na die graf gegaan met die reukolie wat
hulle reggemaak het. Daar kry hulle die klip weggerol van die ingang van
die graf af; en toe hulle ingaan, het hulle nie die liggaam van die Here Jesus
gekry nie. Hulle het nie geweet wat om daarvan te dink nie. Meteens
staan daar by hulle twee manne met blink klere aan. Die vroue het groot
geskrik en met hulle gesig na die grond toe gebuig. Toe sê die manne vir
hulle: Waarom soek julle die Lewende by die dooies? Hy is nie
hier nie. Hy is uit die dood opgewek. Onthou hoe Hy met julle
gepraat het toe Hy nog in Galilea was en gesê het: Die Seun van die mens
moet uitgelewer word in die hande van sondige mense, gekruisig word, en op die
derde dag opstaan. Toe het hulle sy woorde onthou en van die graf af
teruggegaan en al hierdie dinge vir die elf en al die ander vertel. Maar
vir hulle het hierdie verhaal na onsin gelyk en hulle het die vroue nie geglo
nie."
terug
|