|
Die Bybel verduidelik aan ons dat
daar drie soorte mense is.
1. Die
Natuurlike Mens (Iemand wat nie
vir Christus aangeneem het nie)
Die mens wat nie die Gees van God het nie,
aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Vir hom is dit onsin. Hy
kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word(1
Korintiėrs 2:14).
 |
SELFBEHEERDE LEWE
SELF is op die troon
Belange word deur self beheer wat dikwels tot konflik en
frustrasie lei
Christus is buite die lewe |
2. Die
Geestelike Mens (Iemand wat
deur die Helige Gees beheer en bekragtig word)
Die mens wat die Gees van God het, kan
die waarde van alle dinge beoordeel, ... ons het die Gees van Christus
(1 Korintiėrs 2:15,16).
 |
CHRISTUSBEHEERDE LEWE CHRISTUS
is deel van die lewe en op die troon van die lewe
Self is onttroon
Belange word deur Christus beheer wat lei tot harmonie met
God se plan |
3. Die
Vleeslike Mens (Iemand wat Christus
wel aangeneem het, maar geen oorwinning smaak nie, omdat hy op sy eie
pogings staatmaak om die Christelike lewe te lei)
Broers, ek kon met julle nie praat soos met
mense wat hulle deur die Gees van God laat lei nie; ek moes praat soos
met wźreldse mense, soos met kindertjies in die geloof in Christus.
Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste kos nie, want julle kon dit
nog nie verteer nie. En julle kan dit ook nou nog nie verteer nie, want
julle is nog wźreldse mense. Daar kom jaloesie en twis onder julle voor. Is
dit nie omdat julle nog wźrelds is en julle wźrelds gedra nie?
(1 Korintiėrs 3:1-3).
 |
SELFBEHEERDE LEWE
SELF is op
die troon
Christus is onttroon en beheer nie die lewe nie
Belange word deur self beheer wat dikwels tot konflik en
frustrasie lei
|
|
1.
God maak dit vir ons moontlik om n
oorvloedige en vrugbare Christelike lewe te hź |
-
Jesus het gesź: Ek
het gekom sodat hulle die lewe kan hź, en dit in oorvloed
(Johannes 10:10).
-
Ek is die
wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte,
want sonder My kan julle niks doen nie
(Johannes 15:5).
-
Die
vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld,
vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing
(Galasiėrs
5:22, 23).
-
Maar julle sal krag ontvang vanneer die Heilige
Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in
die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wźreld (Handelinge
1:8).
Die volgende is
enkele eienskappe van die
Geestelike
Mens
-
die persoon wat sy
vertroue in God plaas:
Lewe is Christus gesentreerd
Bekragtig deur die Heilige Gees
Lei ander tot bekering
Het n
betekenisvolle gebedslewe
Verstaan God se woord
Vertrou God
Is aan God gehoorsaam |
 |
Liefde
Vreugde
Vrede
Geduld
Vriendelikheid
Getrouheid
Goedhartigheid
Nederigheid
Selfbeheersing
|
Die mate waarin hierdie eienskappe in die lewe voorkom, is afhanklik van
hoeveel die persoon Christus in elke area van sy lewe vertrou en ook die
persoon se geestelike volwassenheid in Christus. Die Christen wat nou
eers die werking van die Heilige Gees begin begryp, hoef nie ontmoedig te
voel, indien hy nie so vrugbaar is soos 'n meer volwasse Christen wat al vir
'n langer tydperk reeds hierdie waarheid ken en toepas nie.
Hoekom ervaar die meeste Christene nie die oorvloedige lewe nie?
| 2.
Vleeslike
Christene kan nie n oorvloedige en vrugbare Christelike lewe lei nie |
Die vleeslike mens maak op sy eie pogings
staat om 'n Christelike lewe te lei:
- Hy is óf onkundig, óf het van God se liefde, vergifnis en krag vergeet (Romeine 5:8-10;
Hebreėrs 10:1-25;1 Johannes 1-1 Johannes 2:1-3;
2 Petrus 1:9;
Handelinge 1:8).
- Hy het 'n op en af geestelike ervaring.
- Hy kan homself nie verstaan nie - hy wil doen wat reg is maar kan nie.
- Hy vertrou nie op die krag van die Heilige Gees om 'n
Christelike lewe te lei nie (1
Korintiėrs 3:1-3; Romeine 7:15-24;
Galasiėrs 5:16-18)
Sommige of al hierdie eienskappe sal waar wees van die
Vleeslike Mens - die Christen wat God nie ten volle vertrou nie
Onkunde met betrekking tot sy geestelike erfenis
Ongeloof
Ongehoorsaamheid
Gebrek aan liefde
vir God en ander mense
Gebrekkige gebedslewe
Geen begeerte vir Bybelstudie nie |
 |
Wettiese gesindheid Onreine gedagtes Jaloesie
Skuldgevoelens
Bekommernis
Moedeloosheid
Kritiese gees
Frustrasie
Koersloosheid |
(Die persoon wat sź dat hy 'n Christen is, maar wat in sonde volhard, moet
besef dat hy moontlik nie 'n Christen is nie volgens
1 Johannes 2:3;
3:6,
3:9;
Efesiėrs 5:5).
Kliek hier
om uit te vind of jy 'n Christen is.
Die derde waarheid gee die enigste oplossing vir hierdie probleem...
| 3. Jesus
Belowe aan ons die Oorvloedige en Vrugbare Lewe wanneer jy Vervul (Beheer
en Toegerus) is met die Heilige Gees |
Die Geesvervulde lewe is die Christusbeheerde lewe;
wanneer Christus Sy lewe, deur die krag van die Heilige Gees, in en deur ons
lewe (Johannes 15).
- Iemand word 'n Christen deur die werking van
die Heilige Gees volgens Johannes 3:1-8.
Van daardie oomblik af (wedergeboorte), lewe die Heilige Gees altyd in jou (Johannes 1:12;
Kolossense 2:9,
2:10;
Johannes 14:16-17).
Alhoewel die Heilige Gees in alle Christene woon, is alle Christene nie
voortdurend vervul (beheer en toegerus) met die Heilige Gees nie.
- Die Heilige Gees is die bron van die oorvloedige
lewe (Johannes 7:37-39).
- Die Heilige Gees het gekom om Christus te
verheerlik (Johannes 16:1-15).
Iemand is 'n ware dissipel van Christus as hy met die Heilige Gees vervul
is.
- In Sy laaste opdrag voor Sy hemelvaart, belowe
Christus die krag van die Heilige Gees aan ons sodat ons Sy getuies kan
wees (Handelinge 1:1-9).
Hoe kan ons deur die Heilige Gees vervul word?
| 4.
Ons kan deur die Heilige Gees vervul
word deur geloof; slegs dan kan ons die
oorvloedige en vrugbare lewe ervaar wat Christus belowe het. |
Jy kan nou vervul word met
die Heilige Gees as jy:
- Elke area van jou lewe aan God oorgee (Romeine 12:1-2).
- Eien deur geloof die
vervulling met die Heilige gees toe, volgens:
1. Sy Opdrag - Wees vervul met
die Heilige Gees.
"Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan
losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul" (Efesiėrs 5:18).
2. Sy Belofte - Hy sal ons
altyd antwoord as ons volgens Sy wil bid. "En nou kan ons met
vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons iets só
vra, ek weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra"
(1
Johannes 5:14, 15).
Gebed gee uiting aan geloof...
Hoe om in geloof te bid om met die Heilige Gees vervul te word
Ons word deur geloof met die Heilige Gees vervul. Opregte gebed
is een manier om uitdrukking aan jou geloof te gee. Die volgende
gebed dien as voorbeeld:
"Liewe Vader, ek het U nodig. Ek bely dat ek teenoor U
gesondig het deur my eie lewe te beheer. Dankie dat U my sondes
vergewe het deur Christus se dood aan die kruis. Ek nooi U uit
om opnuut die troon van my lewe te beheer. Vul my met die
Heilige Gees soos U beveel het en ook belowe het in U
woord om te doen, as ek in geloof daarvoor vra. Ek bid dit in
die naam van Jesus. As uitdrukking van my geloof dank ek U nou dat U
my lewe beheer en my met die Heilige Gees vervul het."
Is hierdie gebed die begeerte van jou hart? As dit is, bid dit
nou en vertrou dat God jou nou met die Heilige Gees vervul het.
Hoe om te weet dat jy gevul (beheer
en toegerus) is met die Heilige Gees
Het jy God gevra om jou met die Heilige Gees te vul? Hoe weet
jy dat jy nou deur die Heilige Gees gevul is?
Op grond van die geloofwaardigheid van God en Sy Woord:
Hebreėrs 11:6;
Romeine 14:22, 23.)
Moenie op gevoelens staatmaak nie. Ons waarborg is gebaseer op
die beloftes van God se Woord en nie op ons gevoelens nie. Die
Christen lewe deur die geloof (vertroue) in die geloofwaardigheid van
God en Sy Woord. Hierdie treindiagram illustreet die vehouding
tussen waarheid (God en Sy Woord), geloof (vertroue in God
en Sy Woord) en gevoel (die gevolg van ons geloof en
gehoorsaamheid) (Johannes
14:21).

Die trein sal met of sonder die kondukteurswa ry. Dit sou egter
dwaas wees om die trein deur die kondukteurswa te probeer trek.
Net so vertrou ons as Christene nie op ons gevoelens en emosies nie,
maar ons plaas ons geloof (vertroue) in die betroubaarheid van God en
die beloftes in Sy Woord.
Hoe om in die Gees te Wandel
Geloof (vertroue in God en Sy beloftes) is die enigste manier waarop
'n Christen 'n Geesvervulde lewe kan lei. Soos jy leer hoe om
Christus meer te vertrou sal:
- Jou lewe meer en meer die vrug van die Heilige Gees openbaar (Galasiėrs
5:22-23), en sal jy al hoe meer aan die beeld van Christus
gelykvormig word (Romeine
12:2; 2 Korintiėrs 3:18).
- Jou gebedslewe en Bybelstudie sal meer betekenisvol wees.
- Jy sal God se krag ondervind wanneer jy getuig (Handelinge
1:8).
- Jy sal toegerus wees vir die geestelike stryd teen die wźreld
(1
Johannes 2:15-17); teen die vlees (Galasiėrs
5:16-17); en teen Satan (1
Petrus 5:7-9; Efesiėrs
6:10-13).
- Jy sal God se krag ondervind om versoekings en sonde te weerstaan
(1
Korintiėrs 10:13; Fileppense 4:13;
Efesiėrs 1:19-23;
2 Timoteus 1:7;
Romeine 6:1-16).
Geestelike Asemhaling
Deur geloof kan ons aanhou om God se liefde en vergifnis te ervaar.
Indien jy bewus word van enige area in jou lewe ('n gesindheid of 'n
daad) wat onaanvaarbaar is vir die Here, terwyl jy begeer om 'n
Geesvervulde lewe te lei en om Hom te dien, dank Hom dat Hy slegs op
grond van Christus se dood jou sondes (van die verlede, hede en toekoms)
reeds vergewe het. Eien Sy liefde en vergifnis toe en gaan voort
om in gemeenskap met Hom te lewe.
As jy weer beheer neem van die troon van jou lewe deur sonde - 'n
daad van ongehoorsaamheid - haal geestelik asem.
Geestelike asemhaling ("uitaseming" van die onreine en "inaseming"
van die reine) is 'n geloofsoefening waardeur jy voortdurend God se
liefde en vergifnis kan ervaar.
1. Uitaseming - bely jou sonde - stem saam met God
dat dit sonde is en dank Hom vir Sy vergifnis volgens
1 Johannes 1:9 en
Hebreėrs 10:1-25. Belydenis sluit ook berou in - 'n verandering in
gesindheid en optrede.
2. Inaseming - gee die beheer van jou lewe terug
aan Christus en laat die Heilige Gees jou deur geloof ten volle beheer.
Vertrou dat Hy nou in beheer van jou lewe is en jou bekragtig op grond
van sy opdrag in Efesiėrs 5:18, en sy belofte
in
1 Johannes 5:14-15.
Jy sal hierdie belangrike ontdekking met iemand
wil deel...
Indien hierdie bladsye vir jou betekenisvol en van hulp was,
deel dit asseblief met iemand anders.
Miljoene kopieė van die boekie "Het u al die Wonderlike Ontdekking van
die Geesvervulde Lewe gemaak?" is al in die meeste van die hooftale in
die wźreld versprei. Die gevolg is dat duisende Christene geleer
het hoe om die krag en beheer van die Heilige Gees oomblik na oomblik te
ervaar. Deur die oorvloedige lewe wat Christus beloof, en wat
hulle nou ervaar, het hulle geleer hoe om hulle geloof meer effektief
met ander te deel. Ondervinding het die geldigheid van Christus se
opdrag aan sy dissipels bevestig dat hulle moes wag totdat die Heilige
Gees hulle bekragtig het, voordat hulle sou voortgaan met die
verspreiding van die Goeie Nuus (Evangelie) van Sy liefde en vergifnis.
Meeste Christene wil, wanneer hulle hierdie waarheid aangaande die
Heilige Gees leer, Christus met ander deel en sodoende help met die
uitvoering van die Groot Opdrag in ons geslag.
Indien jy graag kopieė van hiedie boekie wil
bekom, kliek hier. |
|